Ons dagprogramme is deursigtig saamgestel om die beste balans tussen speel en opvoeding vir u kind te verseker.
Ons nooi u uit om na ons pragtige perseel te kom kyk, ons personeel te ontmoet en indien u sou belangstel, u kind in te skryf.
Kleuter Kampus het ‘n oop deur beleid. Indien u enige navrae het, is u welkom om ons te skakel.
Ons personeel is ervare, professionele onderwysers wat ‘n passie het vir u kind se welstand en groei.

Kleuter Kampus is ‘n Christelike, Afrikaanse kleuterskool, waar die verhouding tussen die ouer-, kind en onderwyser die hoeksteen vorm van gesonde ontwikkeling.
Kleuter Kampus is toegewyd om goed afgeronde, selfversekerde en gelukkige kleuters te ontwikkel deur ‘n omgewing te skep waar elke kind kan floreer.
Kleuter Kampus volg die ELDA kurrikulum met ‘n Reggio Emilia benadering tot onderrig. Die benadering plaas die kleuter sentraal van sy/haar leerproses.
Ons onderwysers tree op as aktiewe waarnemers wat kleuters ondersteun in hul leerproses en word daar genoeg geleenthede geskep waar kleuters kan ontdek en leer oor die dinge waarin hulle belangstel.
Ouer betrokkenheid is van kritiese belang en ons wil graag ouers sover moontlik by hul kleuter se onderrig proses betrek.
Ouers ontvang terugvoer deur middel van:
• Weeklikse WhatsApp boodskappe rakende die mylpale waarop daar gefokus word.
• Kwartaallikse rapport.
• Kwartaallikse oueraande.
• Volledige Brein Balans assessering drie keer per jaar met ‘n toepaslike intervensie program.
Kleuter Kampus is een van die ruimste kleuterskole in Centurion. Ons spog met ‘n ruim 3 260m² speelgrond wat opvoedkundig uiteen gesit is en wat allerhande interessante speelplekke vir ons kleuters bied.
Ons skool het groot klaskamers en ongeveer 1 400m² oppervlakte onderdak. Daar is 8 klasse, elkeen toegerus met ‘n Juffrou en assisstent.
Ons terrein is beplan rondom:
• Groot, oop spasies wat genoeg ruimte bied vir kleuters om deel te neem aan vryspel sowel as gestruktureerde spel.
• Verskillende strukture om spasie te skep vir elke kleuter, om die vryheid te hê om te kan kies hoe hy/sy wil speel.
• Al ons apparate word met ‘n baie spesifieke ontwikkelingsdoel gekies en geplaas.

Kleuter Kampus as ‘n skool bestaan al 30 jaar. Kleuter Kampus is uniek, en wêreldklas. Ons skool is sentraal geleë langs Laerskool Bakenkop in die hart van Centurion.