By Kampus Akademiese Naskool word daar geleentheid gebied vir die ontwikkeling van insig, begrip en leer in ‘n positiewe omgewing. Ons naskool personeel vervul ‘n ondersteunende rol en help naskool leerders met die voltoiïng van daaglikse huiswerk. Kleuter Kampus is trots om te sê dat ons ‘n nou verhouding met Laerskool Bakenkop het en toegerus is met die nodige inligting om elke naskool leerder in ons sorg tot die beste van ons vermoë te onderrig.
Ons is oop tydens publieke skoolvakansies – dit gee werkende ouers die gemoedsrus dat daar vakansies ook vir hulle kinders voorsiening gemaak word.C
Kinders word afgehaal by die Laerskool
Middagete
Huiswerk Begin
Peuseltyd
Huiswerk Eindig
Skool sluit
Die leerders se huiswerktyd kan beïnvloed word deur moontlike buitemuurse aktiwiteite waaraan die leerders deelneem.
Graad RR en Graad R maats wat nog nie huiswerk het nie word konstruktief besig gehou deur vooraf beplande aktiwiteite, elkeen met n bepaalde doel.

Kleuter Kampus as ‘n skool bestaan al 30 jaar. Kleuter Kampus is uniek, en wêreldklas. Ons skool is sentraal geleë langs Laerskool Bakenkop in die hart van Centurion.